Tuesday, July 04, 2006

Terug van Parys

Wat 'n great week! Het besluit om 'n online foto-album te begin - die flickr ding het nie so mooi gewerk nie...sal bietjie kommentaar lewer by die foto's, dis 'n makliker as om alles op die blog te verduidelik. Kyk gerus hier vir die album...

Hier is solank 'n foto wat ek in Montmartre geneem het (een van my gunstelinge van die vakansie sover) :-)

Thursday, June 22, 2006

Raai waar was ek...

Monday, June 19, 2006

Westminister en die South Bank district

Vandag se trippie het begin in Westminister - Big Ben en die Houses of Parliament, Westminister Abbey, St James's Park en Buckingham Palace (sien gerus my nuwe flickr account vir foto's, link is hier onder erens)...

...en toe oor na die South Bank district vir 'n bietjie boek-browsing en 'n scenic staproete langs die Thames af...

...ongelukkig het hierdie agenda my slap-bang in die middel van die grootste toeris-throng van my trip tot dusver geplaas, so ek het nie by baie plekke ingegaan nie. Ek gaan bietjie beter beplan vir die res van die week sodat ek dit nog kan inwerk, maar ek wou nie my dag op tou-staan mors nie. Verder is ek ook verantwoordelik vir aandete vanaand, so dit was nie 'n baie lang middag nie.

Hierdie foto is vir Marissa (dis die boekmark - ek het 'n old-school copy van Zen and the art of motorcycle maintenance aangeskaf, ingeval iemand gewonder het...as ek in Londen gebly het en ponde verdien het sou ek baie meer gretig gewees het):

Karikatuur (2)

Friday, June 16, 2006

Observasie

Net 'n voorbeeld van hoe mixed-and-matched argitektuur is in die stad...volgens Karen vind sy dit nogals visueel irriterend, maar in my geval dink ek dit appeal tot die ADHD-deel van my persoonlikheid...

Lunch break

Burger King by Picadilly Circus :-)

Karikatuur

Die eerste keer wat ek so iemand in lewende lywe sien (i.e. nie in die movies nie)...

Soho chic

Vandag het weer by Charing Cross begin, te voet deur Picadilly circus...


...die West End...


...Soho...


...en Covent Garden (jammer, dis bietjie van 'n boring foto)...

Nog foto's...

Danksy Adriaan se aanmoediging het ek besluit om nog 'n paar foto's van my Trafalgar Square uitstappie te plaas...so hier is St Martin in the fields...



...South Africa House...


...en 'n teaser vir 'n uitstappie wat later in die week sal gebeur :-)

...